News Corp trek oorname-bod terug
2011-07-13 18:09
Londen – Robert Murdoch se mediamaaatskappy News
Corporation het besluit om hul bod om British Sky Broadcasting oor te neem, terug te trek.
Murdoch het met dié besluit die House of
Commons voorgespring, wat eenparig sou aandring daarop dat News Corp. nié die
maatskappy oorneem nie.
Die adjunkvoorsitter en president van News
Corp., Chase Carey, het gesê dat hul pogings om die maatskappy oor te neem “toenemend
moeilik raak in die huidige klimaat”.
David Cameron, die Britse Premier, het die besluit verwelkom en gesê dat News Corp. "eerder daarop moet fokus om hul eie huis in orde te kry".
Die omstrede koerant News of the World, wat onlangs sy deure moes sluit weens 'n skandaal rondom joernaliste en ondersoekers van die koerant wat onwettig toegang tot bekendes en misdaadslagoffers se selfone gekry het, was 'n publikasie van News Corp.
Volg Nuus24 op Twitter.