New York is onbeskofste stad in Amerika
2012-01-24 10:00
New York – Onbeskofde motorbestuurders, voetgangers wat nie glimlag nie en meer as agt miljoen mense wat die heeltyd haastig is, het gemaak dat New York as die onbeskofste stad in Amerika aangewys is.
Volgens die tydskrif Travel and Leisure is New York bo-aan ‘n lys van 20 ander stede waarvoor sy lesers gestem het.
In tweede plek is Miami, Washington, DC in die derde plek en Los Angeles, berug vir padwoede, beklee die vierde posisie.
Kleiner dorpe in die suide van die VSA, soos New Orleans en Charleston, het die top vyf van ‘n lys van die vriendelikste stede gehaal.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP