New Orleans polisieman van moord beskuldig
2010-11-24 05:10
New Orleans – ‘n Voormalige polisieman in New Orleans, wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n man doodgeskiet het tydens die chaos ná Orkaan Katrina, sê hy het uit vrees vir sy lewe opgetree.
David Warren, een van die vyf polisiemanne wat verhoor word vir die moord op Henry Glover (31), voer aan dat Glover ‘n voorwerp in sy hand gehad het toe hy hom geskiet het.
Ná die voorval het die polisiemanne Glover se lyk verbrand.
Die polisiemanne was blykbaar besig om ‘n winkelsentrum op te pas, toe hulle sien hoe twee mans uit ‘n gesteelde trok spring en na die ingang van die sentrum hardloop.
Hulle het herhaaldelik geskree dat die twee moet stop voor hulle een van die mans, wat gelyk het asof hy iets in sy hand het, geskiet het.
Volgens die verdediging, het Glover niks in sy hand gehad nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA