Nét 25 blikkies bier per dag toegelaat
2009-10-08 06:40
Reuters Life!
Melbourne.–Volwasse toeskouers by die Bathurst 1000, een van Australië se gewildste motorwedrenne, word beperk tot “een boks” bier per dag–met ander woorde 24 blikkies met 375 ml bier per blikkie.
Die 24 blikkies-reël, deel van die polisie se fokus op drankverwante misdade, kan ook uitgebrei word na alkoholiese mengeldrankies by die wedren, wat vandag in die landelike dorp Bathurst in die ooste van die deelstaat Nieu-Suid-Wallis begin.
Meer besadigde toeskouers mag hul dors, hoewel nie hul alkoholdrang nie, les met tot 36 blikkies lae-alkohol- of nie-alkoholiese bier.
Wyndrinkers mag tot 4L wyn per dag drink, maar geen toeskouers mag bier en wyn op een dag drink nie.
- Beeld