Nege versmoor by China-myn
2010-10-09 22:00
Beijing - Nege mense het versmoor toe 'n reddingspoging by 'n lood- en sinkerts-myn in China se sentrale Hunan-provinsie skeefgeloop het, het die staatsnuusagentskap Xinhua Saterdag berig.
Die mense is Vrydag dood toe twee mynwerkers weens 'n gebrek aan suurstof versmoor het in 'n ongebruikte skag by die myn in Yuanling. Reddingswerkers en familielede het toe ingespring om te help.
Een van dié mynwerkers sowel as vyf reddingswerkers en drie familielede is dood.
Die tweede mynwerkers word in 'n hospitaal behandel, maar sy lewe is nie in gevaar nie.
Die ongeluk word ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA