Nege verkool toe voertuie bots
2011-09-22 21:03
Tehran – Nege mense het doodgebrand toe ‘n motor vol
onwettige immigrante in ‘n voertuig wat brandstof oor die Iranse grens
probeer smokkel, vasgery het.
Die ongeluk het op ‘n pad in die
Sistan-Baluchestan-provinsie in die suidooste van Iran plaasgevind.
“Sewe onwettige immigrante wat in ‘n Peugeot
oor die grens gesmokkel is, het
doodgebrand.
“Vyf ander is beseer en is hospitaal toe geneem,”
het Ebrahim Dakali van die plaaslike brandweerdienste gesê.
Twee passasiers in die motor wat brandstof
gesmokkel het, is ook in die ongeluk dood.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP