Nege sterf toe bus en trein bots
2009-11-23 07:27
Hanoi - Sowat nege mense is dood en nog twintig ernstig beseer nadat ‘n trein en bus teen mekaar gebots het naby Hanoi, het die polisie Maandag gesê.
Volgens die plaaslike verkeerspolisie het die botsing Sondag plaasgevind omdat die waarskuwingsteken by die kruising nie gewerk het nie.
Tydens die impak het die trein die bus glo na eenkant geslinger waar dit ‘n motorfietsryer getref het. Die motorfietsryer en ses passasiers van die bus het op die toneel gesterf. Nog twee persone het later in die hospitaal aan hulle beserings beswyk.
Volgens ‘n dokter in ‘n plaaslike Viëtnamese hospitaal, wat nie geïdentifiseer wou word nie, is daar steeds persone wat in ‘n kritieke toestand is.
Volgens die plaaslike koerant, An Ning Thu Do, was die sowat 29 passasiers aan boord die bus na ‘n verlowingspartytjie onderweg.
–Sapa