Nege sterf ná politikus se vliegtuig val
2010-06-14 11:30
Cancun, Mexiko - Nege mense is dood ná 'n vliegtuig van 'n politikus wat homself verkiesbaar gestel het vir goeweneur, in 'n Mexikaanse staat neergestort het, het sy personeel gesê.
Roberto Borge, die Institutional Revolutionary-party se kandidaat vir goeweneur in die staat van Quintana Roo, was nie ten tyde van die ramp aan boord nie, het Gabriel Mendicutti, 'n woordvoerder, gesê.
"Robert Borge was nie aan boord die vliegtuig nie, maar ons het het vliegtuig gevind en al nege mense is ongelukkig dood."
Beamptes het nie gesê of hulle weet hoekom die vliegtuig geval en of gemene spel vermoed word nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP