Nege Afghaanse burgerlikes gedood deur bom
2010-08-06 01:19
Kabul - Nege Afghaanse burgerlikes is in ‘n afgeleë gebied gedood toe hul voertuig ‘n bom langs die pad getref het.
Die ontploffing het in die Suidelike provinsie van Helmand gebeur, het die provinsiale regering se woordvoerder, Daoud Ahmdai, gesê.
Die burgerlikes was glo van die Khan Nishin-gebied na die provinsiale hoofstad onderweg toe hul voertuig die bom getref het.
Die ontploffing het reeds Dinsdag gebeur, maar omdat die gebied so afgeleë is, was inligting volgens Ahmadi nie voor Donderdag beskikbaar nie.
Hy het stryders van die Taliban vir die ontploffing blameer.
Die opperheerser van die Taliban, Mullah Mohammad Omar, het onlangs nuwe riglyne aan die organisasie se stryders gegee wat aandui hulle moet ophou om burgerlikes dood te maak.
- Sapa-DPA