Nederlandse psigiater het data opgemaak
2011-11-03 17:47
Amsterdam – ‘n Prominente Nederlandse psigiater wat gesê
het as mense aan vleis dink raak hulle meer selfsugtig, is uitgevang vir
bedrog.
Prof. Diederik Stapel het data vervals om
telkens die resultate te kry wat hy wou gehad het.
So het hy onder andere "bewys" dat as mense
aan vleis dink, hul gedrag baie selfsugtig word.
Stapel het in ‘n verklaring erken dat die
aantygings teen hom waar is en het amptelik om verskoning gevra.
Die professor het ook ‘n omstrede artikel
gepubliseer waarin hy beweer het dat witmense meer geneig is tot
rassediskriminasie, veral teenoor swartmense.
Die Universiteit van Tilburg het ‘n saak van
bedrog teen die professor aanhangig gemaak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP