Nederland swyg oor aanvalle op plase

2011-11-22 07:05
Tweets Share Share line Print

Den Haag – Die Nederlandse regering is nie bereid om met sy Suid-Afrikaanse eweknie oor die epidemie van plaasmoorde in laasgenoemde land in gesprek te tree nie.

Dít blyk uit ’n antwoord van die Nederlandse adjunkminister van buitelandse sake, Ben Knapen, op vrae wat ’n parlementslid, Johan Driessen, aan hom gestel het. Driessen is lid van die Partij voor de Vrijheid (PVV), die mees regse party in die parlement.

Driessen het tydens ’n debat in die Tweede Kamer – die Nederlandse laerhuis – gesê die grondhervormingsbeleid van die “sosialistiese ANC” kom dikwels daarop neer “dat Afrikaners van hul boerderye verjaag word”.

Hy het verwys na Julius Malema, geskorste ANC-jeugleier, wat die liedjie met die woorde “dubul’ iBhunu” (“Skiet die Boer”) sing, en vervolg: “Aanvalle op boerderye is skering en inslag. Dan het ek dit oor plundering, verminking, marteling, verkragting en moord.”

Hy het vir Knapen gevra: “Wat is die visie van die kabinet oor die sogenaamde grondhervormings in Suid-Afrika? Hoe sien die adjunkminister die ontelbare aantal hektaar grond wat afgeneem en nou ongebruik is?

“Erken die kabinet dat Nederland ’n historiese band met die Afrikaners het? Is die kabinet bereid om die plaasmoorde te veroordeel en die Suid-Afrikaanse regering daaroor aan te spreek? En deel die onderminister die mening dat wanneer die ANC-bewind nie wil luister nie, alle ontwikkelingshulp aan Suid-Afrika stopgesit moet word?”

Knapen het erken daar is baie geweld in Suid-Afrika, wat die swart bevolking egter die meeste tref. Daar is volgens hom geen patroon van geweld teen die Afrikaners nie, en dit word nie deur die Suid-Afrikaanse owerheid georganiseer nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: nederland  |  plaasmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.