Nederland moet opdok vir 1947-massamoord

2011-09-14 18:54
Tweets Share Share line Print

Den Haag – ‘n Nederlandse hof het die regering beveel om die weduwees van sewe mans wat in ‘n berugte massamoord tydens Indonesië se onafhanklikheidstryd tereggestel is, finansieel te vergoed.

‘n Man wat in die aanval gewond is, moet ook deur die staat vergoed word.

Die Den Haagse siviele hof het beslis dit is “onredelik” vir die staat om te argumenteer dat die weduwees nie tot vergoeding geregtig is omdat te veel tyd sedertdien verbygegaan het nie.

“Geregtigheid het geskied,” het Liesbeth Zegveld, ‘n regsverteenwoordiger vir die klaers, gesê. “Dit beteken die staat kan nie bloot vir sestig jaar sit en wag vir 'n saak om te verdwyn of die klaers om te sterf en dan die wet op beperkinge as argument gebruik nie.”

Die uitspraak het nou die weg gebaan vir ‘n volgende saak om die bedrag wat aan ander slagoffers se naasbestaandes betaal moet word, vas te stel.

Zegveld het gesê die toepassing van die uitspraak sal egter waarskynlik slegs vir die weduwees van slagoffers water dra en dit is steeds onduidelik of ander familielede ook nou op vergoeding kan aanspraak maak.

Die weduwees verdien vergoeding omdat hulle ten tyde van die Nederlandse pogings in 1947 om beheer oor Indonesië te behou, self in die dorp waar die massamoord plaasgevind het, was, het sy gesê.

Die regering het voorheen sy spyt oor die slagting in die dorp Rawagedeh in die westelike deel van Java uitgespreek, maar bygevoeg dat dit te lank terug gebeur het vir slagoffers om vergoeding te eis.

Die uitspraak het te laat gekom vir twee van die klaers. Een weduwee en ‘n man wat in die massa-teregstelling gewond is, is vroeër vanjaar dood.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.