Nazi-spreuke 'mag nie Duits'
2009-08-13 15:06
Berlyn – ‘n Appèlhof het Donderdag beslis dat mense in Duitsland slegs aangekla kan word as hulle Nazi slagspreuke in Duits ten toon stel.
Dié hof het ‘n laer hof se uitspraak van ‘n neo-Nazi wat 100 t-hemde met die slagspreuk “Blood and Honour” wat in Engels geskryf is in die land in gebring het, afgewys.
Die slagspreuk is ‘n direkte vertaling van die Duitse “Blut und Ehre,” ‘n slagspreuk van die Hitler Youth.
Die uitbeelding van Nazi slagspreuke en simbole word verbied in Duitsland, maar die hof het beslis dat die ban net van toepassing is op dié wat in Duits geskryf is.
Die t-hemp saak is terug verwys na die laer hof aangesien die hemde Nazi simbole wat verban word ook bevat het.
- Sapa