Nazi-slagspreuke op Franse moskee gevind
2009-12-13 22:15
Castres, Frankryk – Aanvallers het ‘n Nazi-slagspreuk geverf en vark-voete opgehang by ‘n moskee in die suide van Frankryk, het polisie gesê.
Die minister van binnelandse sake, Brice Hortefeux, het die “walglike en rassistiese ontheiliging” van die moskee in Castres veroordeel.
Polisie het gesê dat die swastika in swart verf en slagspreuke wat Hitler se saluut “Sieg Heil” in Duits, “Frankryk vir die Franse” in Frans en “Wit Mag” in Engels gesê het, op die moskee aangebring is.
Hortefeux het Sondag gesê dat enige persoon wat verantwoordelik gevind word “ernstig gestraf” moet word.
Aanvallers teken anti-Moslem of anti-Semitiese graffiti op heilige geboue, kulturele sentrums en begraafplase in Frankryk, waar Wes-Europa se grootste populasie van beide Moslems en Jode voorkom.
- Sapa-AP