Navo-tenkwa in Pakistan opgeblaas
2010-03-17 15:46
Eshawar, Pakistan – ‘n Bom wat Woensdag in ‘n Pakistan-stamgebied ontplof het, het ‘n tenkwa wat brandstof vir Navo-magte in Afganistan vervoer het opgeblaas, het amptenare gesê.
Die bom, wat onder die tenkwa geplant was, het naby Parangsum ontplof en dit in ‘n bal vlamme gelaat, het Shafirullah Wazir, ‘n administrasie amptenaar, gesê.
Niemand is in die ontploffing dood nie.
“Die bom was aan die agterkant van die tenkwa met ‘n magneet vasgemaak en sowat 4 000 liter brandstof wat vir Navo in Afganistan onderweg was is in die ontploffing verbrand,” het Wazir gesê.
‘n Ander amptenaar het die voorval bevestig en die aanval op die millitante-groep Lashkar-e-Islam blameer.
Lashkar-e-Islam, wat Weermag van Islam beteken, is ‘n kriminele Islamitiese groep met bande aan die Taliban wat voorheen al moeilikheid in Khyber veroorsaak het en Navo-voorraadvoertuie wat deur die omgewing beweeg aangeval het.
- Sapa-AFP