Navo-helikopter is glo deur die Taliban afgeskiet
2011-08-06 14:46
Puli Alam, Afganistan – Die Amerikaanse helikopter wat in Afganistan neergestort en die lewens van 38 mense geëis het, is deur die Taliban afgeskiet, het ‘n provinsiale amptenaar van Afganistan Saterdag gesê.
“Die Amerikaanse helikopter wat Vrydagaand neergestort het is deur die Taliban afgeskiet terwyl dit opgestyg het. ‘n Vuurpyl wat deur die rebelle afgevuur is het dit getref en heeltemal verwoes,” het Shahidullah Shahid, provinsiale woordvoerder vir Wardak, waar die ongeluk plaasgevind het, gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP