Nagklere taboe in Britse supermark
2010-01-29 10:26
Londen - ‘n Supermark in Wallis het kliënte verbied om slaapklere in die winkel te dra aangesien dit ander mense in die winkel ongemaklik laat voel, het die Huffington Post berig.
Die winkel het ‘n bordjie opgesit wat sê:
"Om ander mense die verleentheid te spaar, vra ons dat kliënte toepaslik aangetrek is wanneer hulle die winkel besoek. Skoene moet te alle tye gedra word en geen slaapklere word toegelaat nie."
Kliënte het reeds begin kla oor die nuwe reël en gesê dat hulle “natuurlik ordentlik sal aantrek as hulle baie inkopies wil doen”,
maar nie noodwendig as hulle net wil indraf vir ‘n pakkie sigarette nie.
“Ek het dan pragtige slaapklere, met beertjies en pikkewyne op.
"Ek het my beste slaapklere aangetrek sodat ek mooi netjies kan lyk.”
Kliek hier vir die volledige storie