Nagemaakte medisyne in China gekonfiskeer
2011-11-17 17:44
Beijing – Die Chinese polisie het nagemaakte medisyne ter
waarde van $315 biljoen (sowat R3,5 triljoen) tydens 'n reeks klopjagte gekonfiskeer.
Die polisie het meer as 1 400 pakhuise waar dié medisynes vervaardig is, deursoek en meer as 1 770 verdagtes is in hegtenis
geneem.
Sowat 16 000 polisiebeamptes het aan die
klopjagte, wat oor ‘n paar weke plaasgevind het, deelgeneem.
Daar is bevind dat verbode chemikalieë gebruik
is om die medisyne te vervaardig.
Ou medisyne is ook herverpak en dokumentasie
is vervals.
Die meeste van die nagemaakte medisynes is aanlyn
verkoop.
Onwettige apteke en klinieke het ook die
medisynes aangekoop.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP