NS: Vlooiprobleme krap top-casino om
2011-05-24 16:55
Wellington – Personeellede by Nieu-Seeland se grootste casino dra nou vlooihalsbande om ‘n plaagbesmetting te beveg, het ‘n berig Dinsdag gesê.
Auckland se SkyCity Casino het insekdoder aan hul personeellede uitgedeel in ‘n poging om die plaag onder beheer te bring.
Sekere personeellede het selfs vlooihalsbande om hul enkels vasgemaak om te keer dat die insekte naby kom, het New Zealand Herald berig.
“Sekere van hulle dra dit (vlooihalsbande) om te keer dat hulle gebyt word,” het Mike Treen, ‘n direkteur van ‘n plaaslike vakbond, aan die koerant gesê.
Treen beskou die voorval as ‘n gesondheids- en veiligheidskwessie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA