Kiwi-kerk briesend oor paasbolletjie-advertensie
2011-04-07 13:32
Wellington – Die Nieu-Seelandse maatskappy Hell Pizza het die Anglikaanse kerk onstel met ‘n veldtog wat paasbolletjies adverteer, het ‘n koerant Donderdag berig.
Die advertensie se slagspreuk “Vir ‘n beperkte tyd. ‘n Bietjie soos Jesus.” het groot opslae gemaak.
Lloyd Ashton, woordvoerder vir die kerk, het aan New Zealand Herald gesê die advertensie toon aan baie mense wanrespek.
Hy sê hy is moeg vir advertensiemaatskappye wat godslasterlik is en godsdienstige omstredenheid gebruik om produkte te verkoop.
Warren Powell, direkteur van Hell Pizza, het die veldtog verdedig.
“Ek kan nie sien hoe dit (die advertensie) hoegenaamd wanrespek aan enigiemand se godsdiens toon nie,” het Powell gesê.
“Eerstens, ons gee erkenning dat Jesus Christus dalk vir ‘n beperkte tyd op die aarde was.”
“Ons bring hulle (die paasbolletjies) dalk volgende jaar terug, en almal sê Jesus Christus kom eendag terug.”
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA