Mynwerkers gaan nie nou al hul harte uitstort nie

2010-10-16 06:48
Tweets Share Share line Print

Copiapó (Chili). – Die wêreld moet vir eers geduldig wag om te hoor hoe die 33 vasgekeerde myners 69 dae ondergronds oorleef het.

Dit lyk of hulle die storie aanvanklik net met hul naastes gaan deel. En as daar ’n boek of rolprent oor die verbluffende verhaal van oorlewing kom, sal die inkomste gelykop tussen al 33 verdeel word.

“Hulle gaan eers versigtig wees om onderhoude toe te staan en sal die stilte as ’n groep verbreek,” het mnr. Pablo Ramirez, ’n mynwerker wat die rotsstorting vrygespring het, gister gesê.

Die mynwerkers het glo ’n rekenmeester aangestel om boek te hou van inkomste wat uit openbare optredes kan volg sodat alles gelyk verdeel kan word.

’n Dogter van mnr. Omar Reygadas, me. Ximena Alejandra Reygadas, het gesê haar pa het gesê hulle mag nie sonder toestemming met die media praat nie.

Ná die opspraakwekkende bevryding is al die werkers per helikopter na ’n hospitaal in Copiapó gebring. Drie is gister ontslaan en die res sal na verwagting oor die naweek huis toe kan gaan.

Die adjunkdirekteur van die hospitaal, mnr. Jorge Montes, het gesê een van die mynwerkers wat nog in die hospitaal is, het longontsteking, twee het die longsiekte silikose en drie is vir tandheelkundige probleme behandel.

Volgens hom is die mans se gesondheid verrassend goed as hul omstandighede in ag geneem is.

By die huis wag “welkom tuis”-optogte, straatpartytjies en selfs troues. Me. Lilianett Ramirez se man, mnr. Mario Gomez, het haar in ’n brief uit die myn ’n “tweede” troue in ’n kerk belowe. “As dit God en die Maagd (Maria) se wil is, sal ons op 7 November trou, op sy verjaardag,” het sy stralend buite die hospitaal gesê.

By die myn het pres. Sebastian Pinera van Chili die reddingskag met ’n simboliese metaaldeksel bedek. Amptenare het gesê die skag sal verseël word en die toerusting verwyder word. Baie daarvan sal dalk later in ’n museum uitgestal word. 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AP

Lees meer oor: chili  |  mynwerkers

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.