Mynwerker gered wat onder klippe vas was
2011-10-14 21:13
Londen – Die Walliese polisie sê ‘n mynwerker wat onder 'n hoop klippe vasgekeer was, is gered.
Die dak van die mynskag waarin
hy gewerk het, het skynbaar ingeval.
Dié ongeluk kom skaars ‘n maand nadat vier
mynwerkers in ‘n nabygeleë myn, wat oorstroom het, dood is.
Die polisie van die suide van Wallis sê die
48-jarige man is deur sy kollegas sowel as ‘n reddingspan van die Unity Mine in
Cwmgwrach gered.
Die Unity Mine het onmiddellik Walliese gesondheid-
en veiligheidsamptenare ingeroep wat inspekteurs na die myn gestuur het om die
polisie by te staan.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP