Murdoch 'wil Britse koerante verkoop'

2011-07-15 07:01
Tweets Share Share line Print

Den Haag - In ’n poging om die politieke tsoenami wat op sy mediaryk afstorm te pypkan, oorweeg die magnaat Rupert Murdoch dit om ál sy Britse besittings te verkoop.

Só berig die Amerikaanse finansiële dagblad The Wall Street Journal, wat self deel van Murdoch se maatskappy, News International, is. Woensdag het Murdoch onder massiewe politieke druk afgesien van sy poging om die televisiemaatskappy BSkyB oor te neem.

Mediakomitee

Volgens die blad het Murdoch voelers uitgesteek na verskeie moontlike kopers van sy drie oorblywende Britse publikasies, te wete The Times, The Sunday Times en The Sun.

Die druk op Murdoch neem by die dag toe. Sy aankondiging dat hy en sy seun, James, nié voor die Britse laerhuis se mediakomitee sal verskyn om vrae oor die skandaal te beantwoord nie, het ’n storm van verontwaardiging uitgelok.

Die adjunkpremier, Nick Clegg, het aan BBC Radio gesê as die Murdochs “ ’n flenterjie verantwoordelikheid of verantwoordbaarheid vir hul magsposisie” wil toon, moet hulle voor die komitee verskyn.

Soos sake nou staan, kan hulle nie gedagvaar word nie omdat hulle nie Britse burgers is nie, maar Amerikaanse burgers.

Clegg het gesê dit gaan om iets veel groters as net die afluister­skandaal. Dis ’n simptoom van ’n veel wyer probleem, naamlik “dat verskillende dele van die nasionale stelsel – die pers, polisie, politici – eenvoudig te naby mekaar gekom het, te gemaklik met mekaar geword het”.

Een van die ander hooffigure in die skandaal, Rebekah Brooks, uitgewer van die pas gesluite News of the World, sal wel voor die komitee verskyn.

Intussen is die gewese uitvoerende redakteur van die News of the World Neil Wallis (60) in hegtenis geneem, het die Londense polisie in ’n verklaring gesê. Hy is by sy huis in die weste van Londen aangehou terwyl die polisie sy huis deurgesoek het.

Hy is die negende mens wat na aanleiding van die saak in hegtenis geneem word. Verlede Vrydag is Andy Coulson, ’n vorige redakteur en gewese mediawoordvoerder van premier David Cameron, ook aangehou.

Ontevredenheid

Sommige media het voorts hul ongemaklikheid met die opdrag aan die regterlike kommissie van ondersoek na mediapraktyke uitgespreek. The Independent het Donderdag in ’n hoofartikel gewaarsku dat die “onafhanklikheid, energie en oneerbiedigheid van die Britse pers kwaliteite is wat onder geen omstandighede gesmoor moet word deur ’n oorgretige begeerte om praktyke uit te wis wat reeds stafbaar in ’n hof is nie”.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: rupert murdoch  |  media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.