Murdoch vou onder kwaai druk

2011-07-14 07:14
Tweets Share Share line Print

Den Haag - Die mediamagnaat Rupert Murdoch het Woensdag opnuut gesteier onder ’n reeks hamerhoue wat moontlik die einde van sy maatskappy kan beteken.

Woensdagmiddag en -aand het die Britse laerhuis die magtige Murdoch in ’n mosie met die eenparige steun van die regerende koalisie en die opposisie aangesê om sy poging om die TV-maatskappy BSkyB oor te neem, te laat vaar.

Nadat ook die premier, David Cameron, Murdoch soos ’n baksteen laat val het, het Murdoch Woensdag aangekondig dat hy die poging laat vaar omdat dit te “gepolitiseer” geraak het.

Die laerhuis het gister gedurende vraetyd en die debat oor die ernstige kriminele oortredings van joernaliste uit Murdoch se News International-stal weerklink van verontwaardiging, maar ook selfondersoek.

Cameron het verskeie kere die hand in eie boesem gesteek en erken dat álle partye te veel witvoetjie by Murdoch en sy joernaliste gesoek het. Dié soort eensgesindheid oor partygrense heen is uiters seldsaam in Brittanje.

Cameron het voorts die opdrag aan die ondersoek-kommissie bekend gemaak. Die kommissie sal onder voorsitterskap van regter Brian Leveson staan en verskeie deskundiges oor die joernalistiek en ander aspekte rakende die ondersoek insluit.

Die kommissie sal die reg hê om mense te dagvaar om onder eed te getuig. Daar sal twee ondersoeke wees: een na die verhouding tussen die pers en die polisie, en een na die regulering van die pers.

Cameron hetdit opnuut duidelik gemaak dat die huidige stelsel van selfregulering van die pers nie werk nie. Hy is ook nie ten gunste van statutêre regulering “waar die staat se vingers oral te sien is nie”; eerder van ’n reguleerderliggaam wat onafhanklik van sowel die staat as die pers is.

Aanbevelings sal ook gedoen word oor die verhoudings tussen politici en die pers.

Cameron het voorts gesê alle skuldiges in die skandaal moet verhinder word om ooit eienaar van media te wees of ’n rol in die bestuur daarvan te speel. Waarnemers het dit vertolk as ’n dreigement in die rigting van Murdoch.

’n Invloedryke Amerikaanse senator, sen. Jay Rockefeller – ook voorsitter van die senaats­handelskomitee – het gevra dat ondersoek ingestel word na bewerings dat joernaliste van News International polisiebeamptes probeer omkoop het om die selfoonboodskappe van slagoffers van die terreuraanslae van 9/11 af te luister.

Hy het met “ernstige gevolge” die Murdoch-mediaryk gedreig as die bewerings waar sou wees.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: rupert murdoch

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.