Murdoch se regterhand het uitbetaling goedgekeur
2011-10-24 18:40
Londen – 'n Voormalige hoë by News of the World sê hy is magtiging
gegee om ‘n uitbetaling van £250 000 (sowat R1 998 000) aan een van hul verslaggewers te maak.
Die verslaggewer, Clive Goodman, is in
hegtenis geneem ná dit uitgekom het dat hy telefoongesprekke van die Britse
koninklikes se personeellede afgeluister het.
Murdoch se assistent, Les Hinton, ontken dat
hy in daardie stadium bewus was van hoe wydverspreid die afluister van
telefoongesprekke was.
Hy het wel gesê dat Goodman se bewerings
dat dié gebruik algemeen was, “deeglik ondersoek” is.
Volgens Hinton het 'n interne ondersoek “geen basis” vir
Goodman se aantygings gevind nie.
Goodman het sy werkgewer daarvan beskuldig dat
hulle hom sonder genoegsame rede laat gaan het.
Hy het op die ou end ‘n uitbetaling van drie maal sy salaris aanvaar, ‘n uitbetaling wat deur Hinton goedgekeur is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP