Murdoch jr. 'hét geweet'
2011-12-15 08:32
Londen – ’n Voormalige prokureur van Rupert Murdoch se Britse koerante het Woensdag volhard dat hy die magnaat se seun vertel het dat daar bewyse bestaan van wydverspreide telefoonmeeluistering by die Sondagkoerant News of the World.
Tom Crone het bewerings van James Murdoch, voorsitter van News International – die Britse tak van sy pa se mediaryk – dat hy nié in kennis gestel is van ’n e-pos waarin na die meeluistering verwys is nie, bevraagteken.
Crone het aan die Britse ondersoek na media standaarde gesê tydens ’n vergadering in Junie 2008 het hy ’n afskrif van die e-pos, wat transkripsies van onderskepte boodskappe bevat het, aan Murdoch getoon.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP