Murdoch-aanvaller pleit skuldig
2011-07-29 15:00
Londen – Die man wat Rupert Murdoch gedurende ‘n parlementêre verhoor
oor die afluister-skandaal met ‘n roompastei gegooi het, het skuldig gepleit op
‘n aanklag van aanranding.
Jonathan May-Bowles, ‘n komediant wat die verhoognaam Jonnie
Marbles gebruik, het in die Westminster landdroshof erken hy het Murdoch
geteister en vir hom angs en ontsteltenis veroorsaak.
Die 26-jarige van Windsor, wes van Londen, het die pastei met skeerroom in Murdoch se gesig gegooi tydens sy verhoor voor die parlement se
kultuur, media en sportkomitee.
Murdoch se vrou, Wendi Deng, het onmiddellik opgespring en
die aanvaller geslaan. Die verhoor is vir vyftien minute verdaag waarná Murdoch
voortgegaan het om sy bewyse te lewer.
May-Bowles sal later gevonnis word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters