Murdoch: 'Nederigste dag van my lewe'

2011-07-19 18:28
Tweets Share Share line Print

Londen – Die hoof van News Corp., Rupert Murdoch, het Dinsdag aan Britse wetgewers gesê hy beleef die “nederigste dag van my lewe” aan die begin van ‘n palementêre verhoor oor die News of the World-afluisterskandaal.

Hy het egter geweier om uiteindelike verantwoordelikheid te aanvaar vir wat een wetgewer as die afluister-“fiasko”, wat gelei het tot die sluit van die 168-jaar-oue poniekoerant News of the World, bestempel het. News of the World was Brittanje se gewildste weeklikse koerant.

James Murdoch, Rupert Murdoch se seun en uitvoerende hoof van News Corp. se operasies in Europa en Asië, het gesê: “Ek wil graag meld hoe jammer ek is en hoe jammer ons is, veral aan die slagoffers van die onwettige onderskepping van selfoonboodskappe en hul families.

“Dit is ‘n kwessie van groot spyt vir my, my pa en almal by News Corporation.

“Hierdie optrede skiet tekort aan die standaarde waarna ons maatskappy oor die wêreld heen streef en ons is vasberade om dinge reg te stel, seker te maak dat hierdie dinge nie weer gebeur nie en om die maatskappy te wees waarna ek weet ons nog altyd gestreef het om te wees.”

Ondanks die verskonings wou Murdoch senior nie so ver gaan as om die uiteindelike verantwoordelikheid vir die skandaal te aanvaar nie.

Toe die wetgewer Jim Sheridan aan Murdoch gevra het: “Aanvaar jy dat jy, op die ou end, verantwoordelik is vir hierdie hele fiasko?” het Murdoch bloot geantwoord: “Nee”.

Die mediamagnaat het bygevoeg daar is “geen bewyse” dat daar onwettige toegang tot die stemboodskappe van slagoffers van die 9/11-aanvalle verkry is nie. Dié bewerings het daartoe gelei dat die FBI ‘n ondersoek in Amerika geloods het.

“Ons het nog geen bewyse daarvan gesien nie en soveer ons weet het die FBI ook nie,” het Murdoch senior gesê.

James Murdoch het gesê die maatskappy sal vinnig optree as nuwe bewyse van afluistering aan die lig kom, ná ‘n reeks siviele dagvaardigings in 2010.

“Na aanleiding van ons ontdekking van daardie inligting in een van dié siviele verhore, wat ek dink die Sienna Miller-saak was, het die maatskappy onmiddellik na bykomende rekords van die betrokke individu gaan kyk, die polisie in kennis gestel en die ondersoek wat nou aan die gang is, van voof af geloods,” het hy gesê.

Die wetmaker Tom Watson het Rupert Murdoch gevra of hy deur senior werknemers mislei is, waarop Murdoch geantwoord het: “Duidelik”.

Die 80-jarige Murdoch het gesê: “News of the World is minder as een persent van ons maatskappy. Meer as 53 000 mense oor die wêreld heen is in diens van die maatskappy en is trotse, etiese, professionele  en voortreflike mense".

Hy het gesê hy was “absoluut geskok, gewalg en beskaamd toe ek gehoor het van die Milly Dowler-geval twee weke gelede”.

Hy het verwys na die geval van ‘n vermoorde tiener na wie se stemboodskappe News of the World onwettig toegang verkry het.

James Murdoch het aan die komitee gesê News International, die Britse koerant-afdeling van News Corp., het geen planne om ‘n nuwe Sondag-poniekoerant te stig om News of the World te vervang nie.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- Sapa - AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.