Motorfietsbende beroof juwelierswinkel
2010-03-10 14:04
Londen - ’n Motorfietsbende het helder oor dag die ruite van ’n juwelierswinkel gebreek, hande vol edelstene, juwele en horlosies gegryp en weggejaag.
Die rooftog het Dinsdag omstreeks 11:25 plaasgevind.
Vyf motorfietsbestuurders het op die sypaadjie teenaan die winkel, Mappin & Webb, gestop EN die ruite met ’n smidshamer stukkend geslaan.
Hulle het met juweliersware ter waarde van £50 000 (R580 000) op die vlug geslaan.
Kliek hier vir die volledige storie.