Motorbom in Irak eis 16 pelgrims
2011-12-05 18:59
Bagdad – Sestien mense is dood en 45 gewond toe ‘n motorbom Sjiïtiese pelgrims in sentraal-Irak geteiken het, het ‘n dokter en
'n polisiebeampte gesê.
Die aanval het ‘n dag ná die hoogtepunt van
die Shiite Ashura, ‘n godsdienstige
herdenking, in die Neel-area, noord van Hilla, plaasgevind.
“Ons het 16 lyke en 45 beseerdes ontvang,” het
dr. Mohammed Ali van die Hilla-hospitaal gesê.
‘n Polisiebeampte van Hilla het die getalle
bevestig.
Tydens Ashura herdenk Sjiïtiese Moslems Imam Hussein se dood. Hy is in 680 n.c. deur Kalief Yazid se magte
vermoor.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP