Moslems uit huise gesit oor seksdade
2010-08-23 13:41
Kuala Lumpur – Moslem-staatsdienswerkers, wat in onwettige seksdade betrap is, is uit hul staatshuise gesit.
Volgens Moslem-wet word seks buite die huwelik streng verbode en Islamitiese howe tree in samewerking met die siviele hof in Maleisië op.
Islamitiese amptenare het ‘n veldtog geloods om onsedelike aktiwiteite in Putrajaya, ‘n luukse area suid van Kuala Lumpur waar verskeie staatsamptenare woon, stop te sit.
Che Mat Che Ali, hoof van die Federal Territories Islamic Affairs Department, het bevestig dat die staatsamptenare reeds aangesê is om hul huise in Putrajaya te ontruim.
Hy het aan die media erken dat die "Towards Zero Immoral Activities in Putrajaya 2010"-veldtog moontlik as uitermatig streng gesien kan word, maar dat hulle wil hê mense van Putrajaya moet die erns van die saak besef.
Volg Nuus24 op Twitter.