Moslems bid in verkeerde rigting
2010-07-29 14:21
Riaad - Aanbidders by 'n moskee in 'n Saoediese dorp naby Mekka, het uitgevind hulle bid al vir die afgelope tien jaar in die verkeerde rigting, het 'n koerant in die land Donderdag berig.
Moslems is veronderstel om in die rigting van heilige Kaaba-klipstruktuur in Mekka te bid.
Inwoners van Hadda, sowat 20km noordwes van Mekka, moet in 'n suidoostelike rigting gebid het, maar het vyf keer 'n dag in 'n noordelike rigting gebid.
Ná hulle die fout agtergekom het, het die leiers van die moskee die rigting verander sodat hulle nou na Kaaba draai om te bid.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA