Moslems baklei oor borste en ritme
2010-06-30 16:00
Saoedi-Arabië - Een man se ondersteuning van die borsvoeding van volwasse mans, en ‘n ander se opinie dat musiek nie teen die wet van Islam is nie, het reuse-rusies in Saoedi-Arabië, oor wie ‘n ‘fatwa’ of Islamitiese wet mag uitreik, veroorsaak.
Regters, geleerde gelowiges en geestelike leiers is in die openbaar met ‘n woordewisseling besig, in wat sommige as chaos beskryf.
Dit kom nadat ‘n fatwa wat musiek ondersteun deur Adel al-Kalbani, ‘n Riyadh geestelike leier, uitgereik is.
Daar is ook onlangs deur Sheikh Abdul Mohsen al-Obeikan, ‘n meer senior geestelike leier sy ondersteuning van volwasse mans wat geborsvoed word, getoon het.
Albei hierdie voorvalle het die gemeenskap aan die gons aangaande fatwa’s.
Lees hier meer.
Volg Nuus24 op Twitter.