Moslem-paartjie kry agt houe vir soenery
2010-12-11 01:34
Jantho – Twee mense in die stoer Moslem provinsie van Aceh, Indonesië, is houe uitgedien ná hulle ‘n buite-egtelike kus gedeel het.
Honderde mense het bymekaargekom om te kyk hoe Anis Saputra (24) en Kiki Hanafilia (17) agt houe by ‘n moskee in Jantho kry.
“Altwee van hulle was aan ander mense getroud.
“Hulle is gevang waar hulle mekaar in ‘n woud in die distrik van Aceh Besar soen.
“Hulle was oppad om seks te hê toe hulle gevang is,” het die aanklaer, Deby Rinaldi, gesê.
“Anis se vrou, wat toe sewe maande swanger was, was weg van die huis af gewees.
“Die vrou, Kiki, was al vir twee jaar getroud,” het Rinaldi vertel.
Volg Nuus24 op Twitter.