Moslem aangeval by universiteit
2009-11-19 05:06
Goettingen – ‘n Moslem-student wat ‘n kopdoek gedra het, is aangeval in wat blyk ‘n rassistiese voorval te wees, het die polisie gesê.
Die mediese student het verskeie sny en skraapmerke opgedoen toe sy Saterdagaand deur vier verdagtes aangeval is naby ‘n biblioteek in die universiteitsdorpie, Goettingen in Duitsland.
Na bewering is die verdagtes nog nie vasgetrek nie. Die voorval het onder die publiek se aandag gekom nadat ‘n plaaslike koerant daaroor berig het.
Volgens Thomas Rath, polisiehoof, het die vier mans rassistiese aanmerkings vir die 24-jarige vrou geskree terwyl hulle haar rondgestamp het. Sy het glo haar balans verloor en op die grond neergeval.
–Sapa, dpa