Moordondersoek ná dood van vermeende VK-spioen
2010-08-26 00:38
Londen - ‘n Moordondersoek is deur die polisie geloods nadat die liggaam van ‘n man, wat volgens die Britse media ‘n spioen was, in ‘n woonstel in Londen gevind is.
Scotland Yard in Londen het Woensdag gesê ‘n liggaam is Maandag in ‘n woonstel naby die M16-spioenasie-agentskap gevind.
Die Britse media het berig die man het vir Brittanje se afluister-agentskap GCHQ en ook vir M16 gewerk.
Die polisie en Brittanje se Buitelandse Kantoor – die ministerie wat toesig hou oor M16 – wou nie besonderhede van die slagoffer verskaf nie weens die “sensitiwiteit” oor intelligensie-kwessies.
‘n Lykskouing is vir Woensdag geskeduleer. Die polisie wou nie meer besonderhede verskaf nie.
- Sapa - AP