Moordenaar met swaard onthoof
2009-10-26 13:52
Riyadh - ‘n Man van Saoedi-Arabië is met ‘n swaard onthoof nadat hy skuldig bevind is vir die moord op sy familielid.
Volgens die departement van binnelandse sake het Eid bin Mifrih al-Zahrani sy neef doodgeskiet, maar die owerhede wou geen verdere inligting oor die datum van die misdaad of die hofsaak bekendmaak nie.
Dit was die 56ste keer vanjaar wat die doodstraf in Saoedi-Arabië uitgedeel is.
Verlede jaar is 102 mense op dié manier gestraf.
Die doodstraf word vir misdade soos verkragting, moord, gewapende roof, dwelmhandel en geloofsversaking in dié land toegedien.
- Sapa