Moordenaar lok tiener met Facebook
2010-03-09 05:20
Kaapstad - Die veroordeelde seksmisdadiger Peter Chapman het die sosiale netwerk Facebook gebruik om 'n 17-jarige meisie van Darlington, Engeland, te lok voor hy haar verkrag en verwurg het.
Chapman het Maandag in die Teesside Crown-hof skuldig gepleit op aanklagte van ontvoering, verkragting en die moord op Ashleigh Hall.
Hall het in Oktober verlede jaar haar huis verlaat vir 'n ontmoeting met Chapman, wat homself op Facebook voorgedoen het as 'n 17-jarige seun.
Haar liggaam is kort daarna in 'n veld gevind.
Chapman is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy sal minstens 35 jaar moet uitdien.
Lees die volledige storie, en sien 'n video van Chapman se skulderkenning, hier.