Moordenaar in Saoedi-Arabië onthoof
2011-05-29 16:50
Riyadh - ‘n Man wat aan moord skuldig bevind is, is Sondag in Al-Ahsa in die ooste van die koninkryk van Saoedi-Arabië onthoof, het die ministerie van binnelandse sake aangekondig.
Ibrahim al-Muwis, ‘n Saoedi-Arabiese burger, is die doodstraf opgelê nadat hy Sulaiman al-Saqr, ook ‘n Saoedi-Arabiese burger, doodgesteek het.
Hy is die 23ste persoon wat vanjaar in dié land tereggestel is.
In 2007 is 27 mense in dié olieryke koninkryk tereggestel, vergeleke met 67 in 2009 en 102 in 2008.
Oortreders wat skuldig bevind word aan verkragting, moord, geloofsversaking, gewapende roof of dwelmhandel kan in Saoedi-Arabië die doodstraf opgelê word.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP