Moordbeskuldigde Amanda Knox vrygespreek
2011-10-04 08:00
Perugia – Amanda Knox berei voor om terug huis toe te vlieg nadat sy en haar eks-kêrel, Raffaele Sollecito, vrygespreek is op aanklag van moord.
‘n Appèlhof in Perugia, Italië, het Knox vrygespreek van die moord op haar huismaat, Meredith Kercher (21).
Knox is daarvan aangekla dat sy Kercher – ‘n Britse vrou van die suide van Londen – in 2007 in Perugia vermoor het.
Knox (24) en Sollecito (27) het amper vier jaar in ‘n tronk deurgebring.
Kercher se familie sê hulle vertrou die Italiaanse justisiesisteem, maar “hoop die waarheid sal mettertyd na vore kom,” het die BBC berig.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.