Mogadisjoe: 11 Sterf in selfmoordbomaanval
2012-02-08 18:58
Mogadisjoe – Elf mense is dood nadat 'n selfmoordbomaanvaller 'n motor vol plofstof naby die presidensiële paleis in Mogadisjoe laat ontplof het, het beamptes gesê.
Verskeie mense is tydens die ontploffing beseer, het Mohamed Iro gesê.
Die selfmoordbomaanvaller het die bom by 'n klein kafee laat ontplof waar mense bymekaargekom het om tee te drink.
Die ontploffing het buite die Mona-hotel gebeur, waar 32 mense, insluitende ses lede van die parlement, in Augustus 2010 vermoor is.
Niemand het nog aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP