Moeilike besluit vir Obama
2009-12-14 05:48
Washington - President Barack Obama het gesê sy besluit om nog 30 000 troepe Afganistan toe te stuur, was die moeilikste wat hy tot dusver as president van die VSA moes maak.
Hy sê hy besef dat die besluit teegestaan word deur Amerikaners wat nou al moeg is vir die oorlog.
Dit sal egter binne ‘n jaar duidelik wees of die toename in soldate werk of nie.
Obama het bygevoeg dat sy teenwoordigheid by staatsbegrafnisse van oorlog gesneweldes, ‘n geweldige impak op hom maak.
“Dit is my plig om seker te maak ek neem die regte besluite,” het hy gesê.
- Sapa