Model se moordenaar terug in tronk
2009-11-11 14:29
Nieu-Delhi - Die seun van ‘n bekende Indiese politikus, wat ‘n model vermoor het, is terug in die tronk nadat hy rumoerige verskynings in nagklubs gemaak het terwyl hy op parool was.
Manu Sharma is vlugtig uit die tronk gelaat na hy minder as drie jaar van sy lewenslange vonnis uitgedien het vir die moord op Jessica Lal, 'n model, wat geweier het om drank na-ure aan hom te bedien.
Sharma en sy vriende “saam met hul vier gewapende lyfwagte, het hul met vroue wangedra,” by die F-Bar, ‘n kroeg van die Hotel Ashoka het Rajan Bhagat, 'n polisiewoordvoerder, aan AFP gesê.
Die groep is in hegtenis geneem toe hulle oppad was na die LAP Lounge, nóg ‘n eksklusiewe kuierplek in Nieu Delhi, het Bhagat gesê.
Sharma, is aanvanklik van die moord op Lal vrygespreek, maar ‘n herverhoor is gehou na druk deur die publiek, en hy is in 2006 skuldig bevind.
Sharma was op parool vrygelaat om sy siek ma te besoek, op voorwaarde dat hy in sy tuisdorp wat sowat 250km van Nieu Delhi geleë is, moes bly.
- Sapa-AFP