Mladic uit hof verwyder
2011-07-04 12:14
Kaapstad - Ratko Mladic, voormalige Bosnies-Serwiese weermagshoof, het in die Verenigde Nasies (VN) se hof vir oorlogsmisdade in Den Haag, Nederland, verskyn.
Sky News berig Mladic is later uit die hof verwyder nadat hy die verrigtinge ontwrig het.
BBC berig hy sou na verwagting pleit teen aanklagte van volksmoord. Die oud-weermagshoof het voorheen gesê hy sal die verhoor boikot.
Die hof het in sy afwesigheid onskuldig gepleit op aanklagte wat verbind word aan verskeie misdade.
Mladic word verhoor op aanklag van volksmoord, oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom.
Die VN se tribunaal het Mladic in 1995 van volksmoord aangekla en beskuldig hom daarvan dat hy die slagting van 8 000 Moslem mans en seuns in Srebrenica georkestreer het.
Mladic word ook van ander oorlogsmisdade tydens die Bosniese oorlog (1992 – 1995) beskuldig.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.