Mladic se familie mag kuier
2011-06-06 18:56
Belgrade – Ratko Mladic se Serwiese prokureur het gesê sy
familie is van plan om hom later vandeesweek in Den Haag te besoek.
Milos Saljic het ook gerugte dat Mladic
gedreig het om op ‘n hongerstaking te gaan, as nonsens afgemaak.
‘n Woordvoerder vir die Verenigde Nasies-tribunaal, Nerma Jelacic, het gesê dat Mladic geregtig is op sy eie regspan en
dat sy familie hom mag besoek.
Mladic is ook geregtig op enige mediese sorg
wat hy moontlik tydens sy aanhouding sal nodig kry.
Jelacic het ook bevestig dat Mladic nie op ‘n
hongerstaking is nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP