Missiel teiken Talibankrygsheer
2009-08-05 09:29
Pakistan - Die VSA het Woensdag ‘n missielaanval geloots en ‘n huis in die distrik van Suid-Waziristan, ‘n Pakistanse Taliban-vesting, geteiken waar ‘n krygsheer, Baitullah Mehsud vermoedelik was. Minstens twee militante is dood.
‘n Pakistanse amptenaar het gesê die huis het aan Maulana Ikram-ud-Din, Mehsud se skoonpa, behoort. Die omgewing is bekend vir sy verteenwoordigheid van Taliban-militante.
“Die VSA-missielaanval het omstreeks 1:30 vm Woensdagoggend plaasgevind, twee militante is dood,” het die sekuriteitsamptenaar aan AFP gesê.
- Sapa-AFP