Minstens 30 sterf in Pakistan-vloede
2010-07-24 01:29
Quetta, Pakistan – Kitsvloede wat deur swaar reën veroorsaak is het die lewens van minstens 30 mense geëis en duisende huise in noordwes Pakistan vernietig.
Amptenare het Vrydag gesê dat hulle nie by van die areas in die Baluchistan provinsie wat die swaarste geraak is kon uitkom nie.
Volgens die weerkantoor het 56mm reën vroeg Dinsdag in ‘n paar uur in die provinsie geval.
Volgens die regeringsamptenaar Taliban Hussain het 30 mense in die distrik, meestal in Barkhan, gesterf.
Reddingswerkers en weermag-helikopters was besig om mense wat vasgekeer is te probeer red.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP