Minstens 27 dood in skudding in Turkye
2011-11-12 10:00
Ankara – Minstens 27 mense, insluitend twee Turkse joernaliste, is dood in 'n 5,6-sterkte aardbewing wat oostelike Turkye getref het, het die Anatolia-nuusagenskap berig.
Reddingswerkers het oornag die lyke onder die puin van 'n hotelgebou wat Woensdag in die aardbewing verwoes is.
Dié aardbewing, minder as drie weke ná 'n reuse-aardbewing wat die lewens van 600 mense geëis het, het die stad Edremit, sowat 15 km van die Van-provinsie, getref.
Die dodetal het Vrydag op 19 gestaan.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP