Minstens 20 vermis ná boot omkeer
2011-08-17 16:30
Katmandoe – Beamptes sê minstens 20 mense is vermis nadat ‘n oorval boot in ‘n rivier in die suide van Nepal omgekeer het.
Bikash Shrestha, ‘n polisiebeampte, sê die presiese aantal vermiste mense is onbekend.
Hy sê minstens 35 mense was op die boot ten tyde van die voorval.
Die boot het Dinsdag in die Kamala-rivier omgekeer. Die rivier is sowat 400 km suidoos van Katmandoe geleë.
Volgens die nuusagentskap AP was dit reeds donker toe reddingswerkers opgedaag het.
Volgens ‘n ander polisiebeampte, Hari Bahadur Pal, was die boot baie oud en oorvol.
Hy het bygevoeg dat die rivier oorstroom het as gevolg van swaar reën.
Reddingswerkers sal Woensdag hul soektog voortsit.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP