Minstens 14 sterf toe bus in Peru ontplof
2011-10-21 14:15
Lima – Minstens 14 mense is dood en twaalf ander beseer nadat ‘n ontploffing op ‘n passasiersbus plaasgevind het, het die polisie gesê.
Daar word berig dat die bus ná die ontploffing deur vlamme verswelg is.
Die voorval het Donderdagaand sowat 50 km oos van die Peruaanse hoofstad, Lima, gebeur.
“Daar is 14 dood, insluitende twee kinders, ná ‘n ontploffing en toe ‘n brand,” het Maximo Reyna, polisiehoof, aan AFP gesê.
Die oorsaak van die ontploffing is nog onbekend.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP